Sign In
skole in boksburg

Description

Só het die Hoërskool Dr. E.G. Jansen begin

0p die tiende skooldag van 1955 het die hoof van Hoërskool Voortrekker in Boksburg aan die onderwysdepartement en aan die skootraad van die Witwatersrand verklaar dat dié skool uit sy nate bars.

Die onderwysdepartement het besluit ‘n tweede hoërskool moet dadelik gestig word. ‘n Sentrale terrein moes vir die nuwe skool gesoek word. ‘n Afvaardiging van betanghebbendes moes ‘n memorandum opstel, dit aan die skoolraad voorlê en die sekretaris van die skoolraad moes ‘n geskikte terrein soek.

Klaskamers, laboratoriums, sentrums en kantore, ens. is tydelik in Comet opgerig. Die hoof van Hoërskool Voortrekker is aangesê om alle gr. 8- en 9-leerders (afkomstig van die laerskole Hennie Basson, Witfield en Concordia) in te lig om op Maandag, 2 Augustus 1955, by die nuwe hoërskool aan te meld. Mnr. S.P. van Wyk sou as waarnemende hoof optree. Elf personeellede en 209 leerders het opgedaag. Die poste van hoof, vise-hoof en 11 personeellede is in ‘n vakaturelys van Oktober 1955 geadverteer. Op 22 Maart 1956 is mnr. G. Veldsman van Hoërskool Hugenote in Springs en mnr. B.J.J. van Rensburg van Hoërskool Monument in Krugersdorp onderskeidelik as hoof en adjunkhoof aangestel. Op 10 April 1956 open die skool vir die tweede kwartaal met 14 personeellede en 319 leerders. Die skool is voorlopig die Tweede Afrikaansmediumhoërskool vir Boksburg genoem en voorlopige planne is ontvang vir ‘n permanente gebou op ‘n terrein wat aan die Laerskool  Concordia grens.

Die beheerraad het op ‘n vergadering in September 1956 bestuit om ‘n kompetisie te loots om ‘n naam vir die nuwe skool te kry. Die wenner sou tien pond kry. In Oktober 1958 is met ‘n oorwel.digende meerderheid besluit om die eerste Afrikaanssprekende goewerneur-generaal.van die Unie van Suid-Afrika, dr. Ernst George Jansen, te vernoem. Die wenner was mnr. A.J. Bezuidenhout en hy het sy prysgel.d aan die skoolfonds teruggestuur.

Dr. en mev. Jansen was baie trots en het die skool se leuse, “Ons sal handhaaf”, voorgestel. Die eerste sooi van die huidige skoolterrein is op 27 Augustus 1958 gespit en die hoeksteen is op 24 November 1958 deur dr. E.G. Jansen gelê.

Die voltooide gebou is op 6 November 1959 betrek. Die inwyding van die Hoërskool. Dr. E.G. Jansen is op 19 Maart 1960 deur adv. B.J. Vorster; destydse adjunkminister van onderwys, waargeneem. Die eerste hoofdogter was Z. Spruyt en die eerste hoofseun, P.G. Geldenhuys.

Hoofde:
1955 tot 1956: Mnr. S.P. van Wyk
1956 tot 1971: Mnr. G. Veldsman
1971 tot 1979: Mnr. J.G. van Zyl
1980 tot 1992: Mnr. P.J. Conradie
1993 tot 2010: Mnr. J. S. Maré
2011 tot op hede Mnr. L. de Beer

Visit Website

1350
Bywoning
5
Interhoër Oorwinnings
1955
Sedert

Items Reviewed - 1

3.5Pleasant
Quality
4.0
Location
2.0
Price
5.0
Service
3.0
InBoks

InBoks

3.5

Goeie rugby van die manne!!!

Add Review

Your email is safe with us.
Quality
Location
Price
Service
3.5 Your Score
Add Photos

Working Hours

Now Open UTC + 2
  • Monday 7:30 AM - 2:00 PM
  • Tuesday 8:30 AM - 2:00 PM
  • Wednesday 7:30 AM - 2:00 PM
  • Thursday 7:30 AM - 2:00 PM
  • Friday 7:30 AM - 1:30 PM
  • Saturday Day Off
  • Sunday Day Off

Contact Us

Hosted by :

InBoks
InBoks 43 Places Hosted
0
Close

Your cart